President Ramaphosa het vir ʼn dringende bevel by die Hooggeregshof in Pretoria aansoek gedoen om die tugstappe teen Pravin Gordhan te keer

President Ramaphosa het vir ʼn dringende bevel by die Hooggeregshof in Pretoria aansoek gedoen om die tugstappe teen Pravin Gordhan te keer

President Cyril Ramaphosa het vir ʼn dringende bevel by die Hooggeregshof in Pretoria aansoek gedoen om die tugstappe van die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, teen Pravin Gordhan te keer.

Ramaphosa voer aan dat die Minister van Openbare Ondernemings se regstappe teen die eerste twee ongunstige verslae teen hom nie “ligsinnig” is nie.

Die president wil hê dat die hof moet verklaar dat hy inderdaad Mkhwebane se tugstappe uitgevoer het, maar dat Gordhan se hofaansoek afgehandel moet word voordat daar stappe teen hom oorweeg word.