Die publiek genooi om raadslede vir die SAUK te benoem

President Ramaphosa ontken dat die ANC die SAUK probeer kaap

President Cyril Ramaphosa het bewerings verwerp dat die ANC probeer om die SAUK-raad in duie te laat stort sodat die party beheer kan neem oor die openbare uitsaaier in die aanloop tot aanstaande jaar se verkiesing.

Vier SAUK-raadslede het verlede week bedank terwyl die SAUK in ‘n ernstige finansiële krisis is. Dit het gevolg na ‘n dispuut met die nuwe Minister van Kommunikasie oor dreigende afleggings en die moontlikheid van finansiële steun van die regering.

President Ramaphosa het gisteraand in ‘n onderhoud met die radiostasie 702 ten sterkste ontken dat die ANC of die regering die SAUK wil beheer.

Ramaphosa sê die regering werk daaraan om die SAUK te help