Reuse-skuld deur die Mangaung-metro aan Bloemwater beteken dat inwoners van Bloemfontein van vandag af onderbrekings in die watervoorsiening kan ondervind

Reuse-skuld deur die Mangaung-metro aan Bloemwater beteken dat inwoners van Bloemfontein van vandag af onderbrekings in die watervoorsiening kan ondervind

Reuse-skuld deur die Mangaung-metro aan Bloemwater beteken dat inwoners van Bloemfontein van vandag af onderbrekings in die watervoorsiening kan ondervind.

Netwerk24 berig die metro se uitstaande skuld vir waterverskaffing beloop R247 miljoen.

Hoewel die afsnypunt gister sou wees (as die bedrag nie teen 30 April betaal sou wees nie), het Bloemwater die metro tyd tot vandag gebied om die publiek in kennis te stel.

Volgens Rossouw Botes, DA-raadslid, kan dit in ’n groot krisis vir die inwoners van Bloemfontein ontaard.

Die metro het glo in Februarie en Maart vanjaar betalings aan Bloemwater gedoen, maar die skuld beloop steeds R247 miljoen nadat rente daarby getel is.