Right to Care bied veilige-en gratis besnydingsprosedures aan Vrystaters

Right to Care, ‘n Gesondheids NGO, in samewerking met die Departement van Gesondheid bied vanjaar veilige-en gratis besnydingsprosedures aan Vrystaters.

Dr Khumbulani Moyo, die projekbestuurder van die besnydingsprojek sê dat die mans die prosedures sal ondergaan en twee dae na die operasie ondersoek word om infeksie te voorkom en genesing te verseker.

Die prosedures sal plaasvind in die Thabo Mofutsanyane Distrik in die Vrystaat.