Roger Federer onderteken10-jaar kontrak met Uniglo

Die Switserse tennismeester, Roger Federer, het ʼn 10-jaar kontrak onderteken
met die Japanse sporthandelsmerk Uniglo, wat hom glo meer as R4,1 miljard in die sak kan bring.

Dit beëindig ook sy twintig jaarlange verbintenis met Nike.

Die Amerikaanse sporttoerustingmaatskappy besit steeds die RF-logo, maar Federer sê hy sal dit in ʼn stadium terug ontvang.

Hy, Novak Djokovic van Serwië en Spanje se Rafael Nadal is die enigste drie tennisspelers wat prysgeld bo 100 miljoen dollar kon verdien.