Ryk Neethling en Lewis Pugh bring hulde aan die ontslape Theodore Yach

Ryk Neethling en Lewis Pugh bring hulde aan die ontslape Theodore Yach

Die legendariese Suid-Afrikaanse swemmers, Ryk Neethling en Lewis Pugh, het hulle simpatie uitgespreek met die dood van die langafstand oopwaterswemmer, Theodore Yach.

Hy is gister op sestigjarige ouderdom oorlede. Yach het 108 keer die afstand tussen Robbeneiland en Kaapstad afgelê.

Neethling wat verskeie Olimpiese goue medaljes gewen het, sê sy dood is vir hom baie tragies.

Pugh het hom beskryf as een van die wêreld se voorste langafstandswemmers.

‘n Voormalige voorsitter van die Kaapse Langafstand Swemvereniging, en ‘n vriend van Yach, Peter Bales, sê hulle is steeds geskok oor sy dood en gaan hom mis.