SA Rugby het weer bevestig dat hy verbind is tot enige vereistes wat deur Suid-Afrikaanse owerhede op hom of sy werknemers geplaas word

SA Rugby het weer bevestig dat hy verbind is tot enige vereistes wat deur Suid-Afrikaanse owerhede op hom of sy werknemers geplaas word.

Dit volg nadat die Menseregtekommissie aangekondig het dat hy in die Gelykheidshof regstappe gaan doen teen die Springbok-slot, Eben Etzebeth.

Dit hou verband met bewerings van rassisme na ’n voorval in Langebaan in Augustus.

SA Rugby sê die unie het tot dusver aan alle vereistes voldoen en ook met ’n interne proses begin, maar wou geen besonderhede bekend maak nie.

Etzebeth is tans in Japan as deel van die Springbok-groep wat aan die Wêreldbeker deelneem.