SANEF het hulde gebring aan die bekroonde en deurwinterde joernalis, Raymond Louw, wat op die ouderdom van 93 oorlede is

SANEF het hulde gebring aan die bekroonde en deurwinterde joernalis, Raymond Louw, wat op die ouderdom van 93 oorlede is

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum het hulde gebring aan die bekroonde en deurwinterde joernalis, Raymond Louw, wat op die ouderdom van 93 oorlede is.

Sy afsterwe volg net 24 uur ná die van sy vrou Jean.

Louw was die redakteur van die Rand Daily Mail en Sunday Times en die voorsitter van die Suid-Afrikaanse tak van die Media-instituut van Suidelike Afrika.

Hy was sy hele lewe lank ʼn kampvegter vir mediavryheid.

Kate Skinner van Sanef sê die mediabedryf het ʼn reus verloor.