SASSA beloof dat Nehawu-staking nie uitbetalings sal verhoed nie

SASSA beloof dat Nehawu-staking nie uitbetalings sal verhoed nie

Die Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, of SASSA, het begunstigdes van maatskaplike toelaes verseker dat ‘n staking deur Nehawu-lede nie sal verhoed dat hulle toegang tot hul toelaes kry nie.

Werknemers van SASSA wat by die vakbond Nehawu geaffilieer is begin vanoggend staak.

Die vakbond eis onder meer dat die biometriese datavaslegging van begunstigdes opgeskort word aangesien dit nie deel vorm van werkers se posbeskrywings nie.

Die waarnemende bestuurshoof van SASSA, Abram Mahlangu het vroeër gesê hulle is geskok dat Nehawu-lede beplan om te staak, aangesien hulle sover sy kennis strek nog besig is met samesprekings oor die kwessie.