SASSA gee die versekering dat uitbetalings op tyd sal geskied

SASSA gee die versekering dat uitbetalings betyds sal geskied

Die maatskaplike sekerheidsagentskap SASSA het die versekering gegee dat die opskorting van die Biometriese stelsel vir begunstigdes nie ‘n invloed sal hê op die uitbetaling van maatskaplike toelaes nie.

Die opskorting van die stelsel is aangekondig na ‘n vergadering gister tussen die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Susan Shabangu, verteenwoordigers van die vakbond NEHAWU en senior amptenare van SASSA in Johannesburg.

SASSA-werkers het gister begin staak en het gevra dat die stelsel opgeskort word.

Hulle sê die stelsel is kwesbaar vir bedrog, en vorm nie deel van hulle posbeskrywings nie.

‘n Woordvoerder van SASSA, Paseka Letsatsi sê die uitbetaling van toelaes gaan voort soos dit beplan is.