Serena Williams val vas in die kwarteindronde van die Australiese Ope

Serena Williams val vas in die kwarteindronde van die Australiese Ope

Amerika se Serena Williams, wat reeds 23 keer ʼn Grand Slam-kroon gedra het, is in die kwarteindronde van die Australiese Ope deur Karolina Pliskova van die Tsjeggiese Republiek uitgeskakel.

Pliskova het goed herstel van ʼn agterstand van 1-5 en vier wedstrydpunte gespaar om Williams met 6-4, 4-6, 7-5 te klop en deur te dring na haar eerste halfeindstryd by die Australiese Ope.

Sy sal môre te staan kom teen die VSA Ope-kampioen, Naomi Osaka van Japan, ná haar oorwinning van 6-4, 6-1 oor Elina Svitolina van die Oekraïne.