Siftingstoetse word vir die Corona-virus in Bloemfontein gedoen

Die Departement van Gesondheid het begin met deur tot deur siftingstoetse vir die Covid-19 virus in die Mangaung-area.

Die proses is daarop gemik om die verspreiding van hierdie virus verder te bekamp en die publiek se samewerking word gevra.

Deur tot deur toetsing gaan gedurende die week voort en die departement vra die publiek om die toetsspanne met korrekte identifikasie in te laat om die toetse te laat doen.

Net meer as drie-duisend bevestigde Covid-19 gevalle word tans in die land behandel terwyl 54 sterfgevalle aangeteken is.

Geen nuwe gevalle is sover in die Vrystaat aangemeld nie.