Solidariteit ontvang teenargumente vanaf die president van BLF

Solidariteit ontvang teenargumente vanaf die president van BLF

Solidariteit het teenargumente ontvang vanaf die president van Black First Land First, Andile Mngxitama, in reaksie op die klagte wat hulle verlede maand teen die party ingedien het by die Gelykheidshof.

Dit hou verband met die uitspraak van die BLF-woordvoerder, Lindsay Maasdorp, waarin hy die dood van vier leerders in die Driehoek-skooltragedie verheerlik het.

Solidariteit se Anton van der Bijl sê hoewel hulle vryheid van spraak steun, het die BLF te ver gegaan.