Staatsbegrafnis van George H W Bush in Washington

Staatsbegrafnis van George H W Bush in Washington

President Donald Trump, vier voormalige Amerikaanse presidente en wêreldleiers het in Washington saamgetrek om die staatsbegrafnis van die land se 41ste president, George H W Bush by te woon.

Hy is verlede week op die ouderdom van 94 oorlede.

Trump en sy vrou, Melania, het ʼn voorste bank in die Nasionale Katedraal gedeel met Barack Obama, Bill Clinton, Jimmy Carter en hul eggenotes, terwyl George W Bush ʼn emosionele grafrede oor sy pa gelewer het.

IOL berig dat Bush senior langs sy vrou en dogter in Texas begrawe sal word.