Stadsbestuurder van Nelson Mandelabaai-metro beplan om môre terug te keer werk toe

Stadsbestuurder van Nelson Mandelabaai-metro beplan om môre terug te keer werk toe

Die stadsbestuurder van die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap, Johann Mettler, sê hy sal môre terug wees by die werk, ná ʼn maand se voorkomende skorsing.

Hy sê dit volg nadat die stad nagelaat het om ʼn ondersoeker aan te stel en ʼn ondersoek na beweringe van wangedrag teen hom binne die voorgeskrewe 30 dae af te handel.

The Herald berig dat Mettler se prokureur in ʼn brief aan die burgemeester, Mongameli Bobani, skryf dat die 30 dae Sondag verstryk het.