Suid-Afrika het nou meer as 500 bevestigde koronavirus-gevalle

Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê Suid-Afrika het nou 554 bevestigde koronavirus- gevalle.

Gauteng het steeds die meeste gevalle met 302, gevolg deur die Wes-Kaap met 130.

Mkhize het in Pretoria aan die media gesê die fokusgebiede is die bekamping van die virus onder diegene wat positief getoets het en kontakopsporing.

Hy voeg by dat die doel nou is om die kurwe plat te druk.