Suid-Afrika se Kevin Anderson is terug in die vyfde plek op die wêreldranglys vir tennis

Suid-Afrika se Kevin Anderson is terug in die vyfde plek op die wêreldranglys vir tennis

Suid-Afrika se Kevin Anderson is terug in die vyfde plek op die wêreldranglys, ondanks sy nederlaag in die eerste ronde van die Australiese Ope.

Die Switserse meester, Roger Federer, wat die vierde ronde gehaal het is af van die derde na die sesde plek, terwyl Stefanos Tsitsipas van Griekeland met drie plekke verbeter het tot nommer 12, nadat hy Federer geklop het.

Novak Djokovic van Serwië en Spanje se Rafael Nadal beklee steeds die eerste twee plekke, nadat hulle die eindstryd in Melbourne gehaal het.

Hulle word gevolg deur Duitsland se Alexander Zverev en Juan Martin del Potro van Argentinië