Suid-Afrika se werkloosheid-syfer bly styg

Suid-Afrika se werkloosheid-syfer bly styg

Die vakbondfederasie, Saftu, sê die stygende werkloosheidsyfer ontbloot die leë praatjies by die Werkberaad wat in Oktober aangebied is.

Statistiek SA het vasgestel dat 16 000 Suid-Afrikaners hul werk in die derde kwartaal verloor het.

Dis hoofsaaklik aangedryf deur ʼn verlies aan werksgeleenthede in die vervaardigings-, bou- en mynbedrywe.

Die woordvoerder, Patrick Craven, sê die syfers regverdig Saftu se deurlopende waarskuwing dat die land hom midde in ʼn werkloosheidsbloedbad bevind.