Suid-Afrikaanse vlieënier is dood toe hy sy vliegtuig in ʼn gebou in Botswana vasgevlieg het ná ʼn geskil met sy vrou

Suid-Afrikaanse vlieënier is dood toe hy sy vliegtuig in ʼn gebou in Botswana vasgevlieg het ná ʼn geskil met sy vrou

Die polisie van Botswana stel ondersoek in na die dood van ʼn Suid-Afrikaanse vlieënier nadat hy met sy vliegtuig in die klubhuis by die Matsieng-vliegveld vasgevlieg het.

Dit volg oënskynlik op ʼn meningsverskil met sy vrou in die gebou.

Die man het uitgestorm, in sy vliegtuig geklim en ʼn aantal lae verbyvlugte gedoen uit verskillende rigtings.

Die klubhuis is toe ontruim voor sy laaste vlug.

Die gebou, lugbeheertoring en 13 voertuie wat geparkeer was, is vernietig, maar niemand anders is beseer nie.

Die vlieënier is geïdentifiseer as die 37-jarige Charl Viljoen, oorspronklik van Olifantshoek in die Noord-Kaap.

Hy en sy vrou woon en werk reeds die afgelope 13 jaar in Botswana.