Suid-Afrikaners het nagenoeg 2,9-miljard Rand uitgegee op Swart Vrydag

Suid-Afrikaners het nagenoeg 2,9-miljard Rand uitgegee op Swart Vrydag

Suid-Afrikaners het verlede maand nagenoeg 2,9-miljard Rand op Swart Vrydag uitgegee.

Dit verteenwoordig ʼn groei van 15,92% in vergelyking met laasjaar.

Die geoutomatiseerde verrekeningskantoor BankservAfrica het ook onthul dat die aantal debiet- en kredietkaartbetalings tydens vanjaar se Swart Vrydag 4,8-miljoen bereik het – 4% meer as verlede jaar.

IOL berig dat die hoogste transaksie per sekonde koers teen 16:38 voorgekom het toe 153 transaksies verwerk is.