SuperSport vergader vandag met Mallet en Botha

Supersport vergader vandag met die rugby-ontleders Naas Botha en Nick Mallet oor die voorval die naweek waar die voormalige Springbok-rugbyspeler, Ashwin Willemse, van ‘n stel van Supersport afgestap het na ‘n onderonsie met Botha en Mallet.

Die paneel het die Lions se oorwinning oor die Brumbies op Ellispark bespreek toe die voorval plaasgevind het.

Willemse het sy mede-ontleders daarvan beskuldig dat hulle hom ondermyn en neerhalend teenoor hom optree.

Supersport het vroeër bevestig dat hy die voorval as baie ernstig beskou en ‘n volledige ondersoek gaan doen.

Die voorval het wyd reaksie ontlok.