Sylvester die leeu is nou die trotste pa van twee

Sylvester die leeu is nou die trotste pa van twee

Die voormalige rondloperleeu van die Karoo, Sylvester, het pa geword.

Sy wyfie, Angel, het geboorte geskenk aan twee gesonde welpies by Kuzuko Lodge in die Oos-Kaap, waar hy ʼn paar jaar gelede hervestig is.

Die tweeling is moontlik in Junie gebore. Die bestuur het dit vermoed, maar die babas is die week gesien toe hulle saam met hul ma begin rondbeweeg het.