Posts

Wesentlike daling in die petrolprys vir volgende week voorspel

Wesentlike daling in die petrolprys vir volgende week voorspel

Die AA voorspel dat die petrolprys Woensdag met sestien sent per liter gaan daal, te danke aan die Rand se bestendigheid en die verslapping van internasionale oliepryse.

Die verbruikers van diesel en lampolie kan egter na verwagting tot 30 sent meer per liter betaal.

Die AA se syfers word gegrond op die ongeouditeerde prysinligting wat deur die Sentrale Energiefonds vrygestel word.

Die organisasie sê indien die Rand sy bestendigheid voortsit, kan daar volgende maand dalk verdere prysverligting wees.

Nóg ʼn moontlike brandstofprysstyging om die draai

Nóg ʼn moontlike brandstofprysstyging om die draai

Die AA voorspel nóg ʼn brandstofprysstyging volgende maand.

Dit volg ná die rekord prysstyging dié maand toe 93-oktaan petrol met 99 sent per liter gestyg het.

AA-woordvoerder, Layton Beard, sê petrolpryse se verwagte styging staan tans op 40 sent per liter, terwyl diesel en lampolie onderskeidelik met 70 sent en 65 sent per liter kan styg.

Beard het die Regering se voorstel verwelkom om die vasstelling van die maksimumprys van loodvrye petrol te oorweeg.