Posts

Die Hooggeregshof in Bloemfontein het die Mangaung Metro bloedneus gegee rakende sy skielike besluit om skole se water af te sny

Die Hooggeregshof in Bloemfontein het die Mangaung Metro bloedneus gegee rakende sy skielike besluit om skole se water af te sny.

Die hof het die metro gelas om onmiddellik die watertoevoer na sowat 100 skole in die gebied te herstel.

Die Metro het verlede maand die water afgesny, omdat die skole hulle geld skuld.

Die skole se agterstallige skuld aan die munisipaliteit beloop sowat R70 miljoen.

Die Vrystaatse onderwysdepartement het ‘n dringende aansoek by die hof ingedien om die Metro te dwing om die water weer aan te sluit.

Die departement het die hofbevel verwelkom.

Die polisie-helikopter wat onder geweervuur van transitorowers op die N8 buite die stad deurgeloop het, was die polisie in Bloemfontein se laaste werkende helikopter

Die polisie-helikopter wat Dinsdag onder geweervuur van transitorowers op die N8 buite die stad deurgeloop het, was die polisie in Bloemfontein se laaste werkende helikopter.

Netwerk24 berig die helikopter is gisteroggend agter op ’n vragmotor deur die Rosestad se strate na die Tempe-lughawe buite die stad gebring.

Die helikopter, wat onontbeerlik is vir die bestryding van misdaad in die streek, was die lugvleuel se enigste werkende helikopter nadat die ander een vroeër vanjaar in ’n storm beskadig is.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê hy kan nie kommentaar lewer oor die skade aan die helikopter en hoe lank die herstelproses sal duur nie.

‘n Video van ‘n raadslid van die DA, sirkuleer op sosiale media

‘n Video van Mpho Ramathibe, raadslid van die DA, sirkuleer op sosiale media.

Foto: Youtube

In die video is Ramathibe dronk en in ‘n onderonsie met iemand van die publiek buite die Moqhaka Munisipaliteit in Bloemfontein betrokke.

Annelie Lotriet, voorsitter van die DA in die Vrystaat sê dat daar reeds dissiplinêre stappe teen die raadslid geneem word.