Posts

Oproepe dat Malusi Gigaba afgedank moet word

Oproepe dat Malusi Gigaba afgedank moet word

Die vakbondfederasie, Cosatu, het ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, af te dank omdat hy volgens hulle ʼn las en verleentheid vir beide die Regering en die ANC geword het.

Dit volg ná gister se bevinding deur die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, dat Gigaba nie alleen die uitvoerende etiese kode nie, maar ook die Grondwet oortree het, deur ʼn leuen onder eed te vertel.

Dit hou verband met die saak waarby die Oppenheimer-familie se privaat terminaal by die OR Tambo Internasionale Lughawe betrek word.

Cosatu sê sommige van die lede van die kabinet is nie alleenlik korrup nie, maar ook ontsettend onbevoeg en onervare en hulle maak ʼn gemors van alles.

Die EFF het ook ʼn beroep op Ramaphosa gedoen om Gigaba onmiddellik af te dank.

Die EFF-woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi, daar is niks erger as om onder eed te lieg nie.

Openbare Beleggingskorporasie word ook vir staatskaping ondersoek

Openbare Beleggingskorporasie word ook vir staatskaping ondersoek

‘n Tweede groot staatsfinansiële instelling aan ondersoek word, nadat president Cyril Ramaphosa gister in die staatskoerant aangekondig het dat sake by die Openbare Bellegingskorporasie onder die vergrootglas geplaas gaan word.

Die voormalige president van die Appèlhof, Lex Mpati, sal aan die hoof van die ondersoek staan.

Mpati sal bygestaan word deur die voormalige president van die Reserwebank, Gill Marcus, en die veteraan batebestuurder, Emmanuel Lediga.

Die korporasie bestuur onder meer sowat R2 miljard se staatspensioene.

Die vorige minister van Finansies, Nanhla Nene het vroeër reeds toestemming van die president gekry om ‘n ondersoek na die OBK te gelas.

Die kommissie sal veral fokus op die tydperk tussen Januarie 2015 en Augustis 2018.

Die president het gemaan dat die korporasie met die hoogste etiek, integriteit en doeltreffendheid bestuur moet word.

Moyane uitgenooi om voorlegging te doen oor die voorlopige verslag oor die SAID

Moyane uitgenooi om voorlegging te doen oor die voorlopige verslag oor die SAID

President Cyril Ramaphosa het die geskorste kommissaris van die SAID, Tom Moyane, uitgenooi om ʼn voorlegging te doen na aanleiding van regter Robert Nugent se voorlopige verslag oor die sake van die inkomstediens.

Die verslag beveel aan dat die president vir Moyane moet afdank en sonder versuim ʼn nuwe hoof moet aanstel.

Dit het ook vir Moyane oor die kole gehaal en sê sy persoonlike belange en ambisies het die normale funksionering van die SAID as gyselaar gehou.

Die presidensie sê Ramaphosa bestudeer tans die verslag.

Graderingsagentskappe kan positief reageer op Mboweni se aanstelling

Graderingsagentskappe kan positief reageer op Mboweni se aanstelling

Ekonome sê graderingsagentskappe sal waarskynlik positief reageer op die aanstelling van ‘n nuwe minister van Finansies.

President Cyril Ramaphosa het Tito Mboweni gister as nuwe minister aangestel.

Ekonome sê Mboweni het ‘n bewese rekord, veral as president van die Reserwebank.

Die graderingsagentskap Moody’s sal na verwagting Vrydag sy hersiening bekendmaak.

Internasionale graderingsagentskappe het vroeër die ekonomiese afswaai en beleidsonsekerheid as redes genoem vir hul afgradering van Suid-Afrika na rommelstatus.

‘n Ekonoom van Nedbank, Isaac Mashego, sê hy glo Mboweni se aanstelling en die mediumtermynbegroting op 24 Oktober sal ‘n positiewe invloed op die agenskappe se latere gradering hê.

DA wil volledige besonderhede hê oor die Sjinese lening aan Suid-Afrika

DA wil volledige besonderhede hê oor die Sjinese lening aan Suid-Afrika

Die DA sê hy gaan parlementêre vrae aan die presidensie en die minister van Finansies, Nhlanhla Nene, stel om volle besonderhede te verkry van die bepalings gekoppel aan die lening van R370 miljard wat president Cyril Ramaphosa met Sjina onderhandel het.

Die party sê die jongste berigte dui daarop dat die Sjinese regering die multimiljard Rand-lening toegestaan het as ʼn soort van aansporingspakket vir die land.

Die DA het gewaarsku dat die land in ʼn skuldlokval kan beland as hy nie die terugbetalings kan bekostig nie.