Posts

Julius Malema sê berigte dat sy adjunk, Floyd Shivambu, geld van die party misbruik is onregverdig

Julius Malema sê berigte dat sy adjunk, Floyd Shivambu, geld van die party misbruik is onregverdig

Die leier van die EFF, Julius Malema, sê berigte dat sy adjunk, Floyd Shivambu, geld van die party misbruik, is onregverdig.

Die EFF-leier het op ‘n nuuskonferensie gesê die voormalige EFF-parlementslid, Thembinkosi Rawula, se aantygings van finansiële wanbestuur teen Malema en Shivambu is pogings om Shivambu te vernietig.

Volgens Rawula het dié twee EFF-leiers ook ‘n skenking van die VBS-bank ontvang.

Die EFF is intussen vol vertroue dat hulle met die verkiesings op 8 Mei die beheer in minstens drie provinsies gaan oorneem.

Malema sê die party stel nie daarin belang om die amptelike opposisie te word nie – hulle wil in die provinsies regeer.

‘n Onlangse peiling deur die marknavorsingsgroep Ipsos het getoon dat die EFF in Gauteng, Noordwes en Limpopo minstens die amptelike opposisie kan word

Die SAKP sê die EFF se aanval op Pravin Gordhan is veragtelik

Die SAKP sê die EFF se aanval op Pravin Gordhan is veragtelik

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê die EFF se aanvalle op individue wat sleutelrolle speel om die blootlegging van korrupsie en plundering te bewerkstellig, insluitend joernaliste en die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, is veragtelik.

Verlede week het die EFF vir Gordhan daarvan beskuldig dat hy vir die Staatskapingskomissie gejok het.

Die SAKP se hoofsekretaris, Blade Nzimande, sê die EFF se skuif om die kommissie te ondergrawe moet ten sterkste veroordeel word.

"Dit is skokkend dat die EFF onbeskaamd van arm mense steel"

“Dit is skokkend dat die EFF onbeskaamd van arm mense steel”

Die DA is van plan om vandag in Kaapstad strafregtelike klagtes in te dien teen die EFF-leier, Julius Malema, sy adjunk, Floyd Shivambu, en ander senior lede ná berigte dat die party na bewering meer as R1,8 miljoen van VBS Mutual Bank verduister het.

Die DA sê die plundering van VBS het baie individuele beleggers, stokvelle, begrafnisverenigings en sommige van Suid-Afrika se armste munisipaliteite geraak.

Die party sê dit is skokkend dat die EFF onbeskaamd van arm mense steel wat hulle beweer hulle verteenwoordig.