Posts

"Dit is skokkend dat die EFF onbeskaamd van arm mense steel"

“Dit is skokkend dat die EFF onbeskaamd van arm mense steel”

Die DA is van plan om vandag in Kaapstad strafregtelike klagtes in te dien teen die EFF-leier, Julius Malema, sy adjunk, Floyd Shivambu, en ander senior lede ná berigte dat die party na bewering meer as R1,8 miljoen van VBS Mutual Bank verduister het.

Die DA sê die plundering van VBS het baie individuele beleggers, stokvelle, begrafnisverenigings en sommige van Suid-Afrika se armste munisipaliteite geraak.

Die party sê dit is skokkend dat die EFF onbeskaamd van arm mense steel wat hulle beweer hulle verteenwoordig.

Floyd Shivambu se broer het na bewering R16-miljoen van die VBS Bank ontvang

Floyd Shivambu se broer het na bewering R16-miljoen van die VBS Bank ontvang

Die Reserwebank se forensiese ondersoek na die VBS Mutual Bank, het aan die lig gebring dat die broer van die adjunkpresident van die EFF, Floyd Shivambu, R16-miljoen ontvang het van die bank wat ineengestort het.

Volgens die verslag verskyn Brian Shivambu se naam onder ʼn groep van 27 mense en maatskappye wat die grootste bedrae geld vanaf die bank ontvang het in wat beskryf word as plundery ten bedrae van R1,8-miljard.

News24 berig dat Floyd Shivambu en die EFF-leier, Julius Malema, nie onmiddellik gereageer het op versoeke om kommentaar te lewer nie.