Posts

SARS bevestig dat 'n nuwe aanbod gemaak is in die jongste salarisonderhandelinge met die vakbonde Nehawu en die Vereniging van Staatsamptenare

SARS bevestig dat ‘n nuwe aanbod gemaak is in die jongste salarisonderhandelinge met die vakbonde Nehawu en die Vereniging van Staatsamptenare

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het bevestig dat ‘n nuwe aanbod gemaak is in die jongste salarisonderhandelinge met die vakbonde Nehawu en die Vereniging van Staatsamptenare in Pretoria gisteraand.

Besonderhede oor die aanbod sal na verwagting binnekort bekendgemaak word.

Dit volg nadat vakbondlede Donderdag met ‘n staking begin het wat dienslewering by sommige kantore van die Inkomstediens geraak het.

Die Inkomstediens het aanvanklik ‘n salaris verhoging van 7% aangebied wat deur lede verwerp is.

Werknemers het ondermeer ‘n verhoging van 11% geëis.