Posts

Orkaan Michael veroorsaak chaos in Florida

Orkaan Michael veroorsaak chaos in Florida

Uit die Verenigde State word berig dat Orkaan Michael ten minste een slagoffer geëis het terwyl dit besig is om oor die Suid-Ooste van die binneland in te beweeg.

Michael het die kus van die Florida-pypsteel ʼn paar uur gelede bereik en word beskryf as een van die kragtigste storms wat nog ooit die VSA getref het.

CBS berig dat die skrikaanjaende kategorie 4 orkaan, met ononderbroke winde van tot 250 kilometer per uur, teen die kus naby die klein toeristedorpie, Mexico Beach, in die middel van die Pypsteel, aan land is.