Posts

Wesentlike daling in die petrolprys vir volgende week voorspel

Wesentlike daling in die petrolprys vir volgende week voorspel

Die AA voorspel dat die petrolprys Woensdag met sestien sent per liter gaan daal, te danke aan die Rand se bestendigheid en die verslapping van internasionale oliepryse.

Die verbruikers van diesel en lampolie kan egter na verwagting tot 30 sent meer per liter betaal.

Die AA se syfers word gegrond op die ongeouditeerde prysinligting wat deur die Sentrale Energiefonds vrygestel word.

Die organisasie sê indien die Rand sy bestendigheid voortsit, kan daar volgende maand dalk verdere prysverligting wees.

IVP vra die Regering om die brandstofheffing van R5,30 per liter af te skaf

IVP vra die Regering om die brandstofheffing van R5,30 per liter af te skaf

Die Inkatha Vryheidsparty het sy oproep aan die Regering herhaal vir die dringende afskaffing van die brandstofheffing van R5.30, totdat die ekonomie positiewe groei toon.

Die IVP sê hy het laasmaand hieroor aan president Cyril Ramaphosa geskryf en gevra dat hy besliste stappe doen en leiding neem in ʼn tyd waar miljoene Suid-Afrikaners onder die onhoudbare brandstofprysstygings ly.

Die petrolprys styg vannag met ʼn Rand per liter en diesel met R1,24.