Posts

Die vermeende Dros-verkragter is vir sielkundige waarneming gestuur

Die vermeende Dros-verkragter is vir sielkundige waarneming gestuur

Die beskuldigde in die Dros-verkragtingsaak in Pretoria is gestuur vir sielkundige waarneming, toe hy vanoggend in ʼn plaaslike Landdroshof verskyn het.

Die 20-jarige is in September in hegtenis geneem kort nadat ʼn sewejarige meisie in die badkamer van dié restaurant se Silverton-konsessie aangeval is.

Die man het tydens sy eerste verskyning verlede maand besluit om nie om borgtog aansoek te doen nie.

Die saak is tot 28 November uitgestel.

Pretoria: 14 in die hospitaal opgeneem nadat hulle ʼn onbekende middel gerook het

Pretoria: 14 in die hospitaal opgeneem nadat hulle ʼn onbekende middel gerook het

Veertien mense waaronder skoolkinders, is in Pretoria in die hospitaal opgeneem, nadat hulle ʼn onbekende middel gerook het.

Die pasiënte het simptome getoon soos naarheid, brakery, bewussynsverlies, ooraktiewe optrede, toevalle en diarree nadat hulle die middel met die straatnaam “herbal blend” gebruik het.

Die polisiewoordvoerder, kaptein Augustinah Selepe, sê die middel word in ʼn klein swart sakkie verpak en is soortgelyk aan dagga.

Die inwoners van Tshwane aangemoedig om steeds water te bespaar

Die inwoners van Tshwane aangemoedig om steeds water te bespaar

Die Tshwane Metro in Pretoria het inwoners aangemoedig om voort te gaan om water te bespaar, aangesien waterbeperkings regoor die munisipaliteit ingestel is.

Rand Water het die toevoer aan Tshwane met 20% gesny sodat die vlakke van opgaardamme bestuur kan word.

Rand Water se woordvoerder, Justice Mohale, sê daar is besluit om die watertoevoer te verminder omdat die verbruik te hoog was.