Ten minste 25 honde het in die afgelope weke aan ʼn geheimsinnige siekte in verskillende dele van Noorweë gevrek

Ten minste 25 honde het in die afgelope weke aan ʼn geheimsinnige siekte in verskillende dele van Noorweë gevrek en amptenare skarrel om die oorsaak vas te stel.

Die eerste gevalle is in die hoofstad, Oslo, aangemeld, maar honde het intussen in 13 van die 18 administratiewe gebiede siek geword.

Volgens CNN is daar tydens die lykskouings by talle van die honde op groot hoeveelhede van twee soorte bakterieë afgekom, maar daar is geen tasbare besonderhede in hierdie stadium nie.