Tom Moyane se regspan sê regter Nugent het sy magte oorskry

Tom Moyane se negatiewe invloed by die SAID deur getuienis ontbloot

Die Inkomstediens se voormalige bedryfshoof, Barry Hore, het voor die kommissie van ondersoek na die Inkomstediens aangetoon hoe die moderniseringsprogram goeie resultate opgelewer het totdat dit deur die geskorste kommissari, Tom Moyane, gestaak is.

Hore het kleurskyfies gebruik om resulate te toon wat in 2014 na sy aankoms deur Moyane gestaak is.

Hore was die krag agter die program wat SARS van ‘n hoofsaaklike papiergebonde stelsel verskuif het na ‘n meer doeltreffende digitale stelsel.

Hy het drie maande na Moyane se aanstelling bedank.

Regter Nugent het hom oor die program uitgevra.