Transnet: Gama op pad hof toe

Transnet bevestig sy kontrak met Siyabonga Gama is beëindig

Transnet het bevestig dat die kontrak met sy uitvoerende hoofbestuurder, Siyabonga Gama, beëindig is.

Die staatsonderneming se raad het hom vroeër tot 15 Oktober gegun om redes te verskaf waarom hy nie gevra moet word om te bedank nie.

Die raad beskuldig Da Gama van die ernstige oortreding van sy finansiële, aankoop- en vertrouensverantwoordelikhede.

Dit sluit in sy beweerde betrokkenheid by die omstrede lokomotief-kontrak ten bedrae van R54 miljard.