Twee kapteins vir die Springbokke aangewys

Siya Kolisi sal die Springbokspan lei in die komende toestreeks van drie toetse teen Engeland, terwyl Pieter Steph-du Toit toevertrou word met die kapteinskap in Saterdag se geskiedkundige toets teen Wallis in Washington.

Die afrigter, Rassie Erasmus, het die aanstellings, asook die 26-man span wat in die VSA gaan speel, bevestig by die span se hotel in Johannesburg.

Die spelers wat nie Amerika toe gaan nie, sal in Johannesburg agterbly en voortgaan met voorbereidings vir die Engelse toetsreeks.