Twee maatskappye stel glo belang om Saldanha Staal te koop

Twee maatskappye toon na wat berig word belangstelling om ArcelorMittal SA se Saldanha-aanleg te koop ná verlede maand se aankondiging dat dit vroeg aanstaande jaar gesluit gaan word.

Dit behoort die bykans duisend werkers te raak.

Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het aangekondig dat minister Ebrahim Patel AMSA in kennis gestel het dat voornemende kopers dit oorweeg om ʼn aanbod vir die staalaanleg te maak.

Fin24 berig dat hy ʼn beroep op AMSA gedoen het om alles in hul vermoë te doen om die werksgeleenthede op Saldanha te beskerm, insluitend om ook moontlike aanbiedings van ander beleggers te oorweeg.