Uitvoerende hoof van RandGold Resources bedank uit Britse bewaringsraad

Uitvoerende hoof van RandGold Resources bedank uit Britse bewaringsraad

Die uitvoerende hoof van RandGold Resources, Mark Bristow, het bedank uit ʼn Britse bewaringsraad, nadat foto’s van hom op jagbesoeke aan die lig gekom het.

Die foto’s toon waar die Suid-Afrikaans-gebore Bristow saam met dooie olifante, wildsbokke, ʼn seekoei, leeu, buffel, sebra en ʼn luiperd poseer.

News24 berig dat die voorsitter van die Panthera-organisasie vir die beskerming van groot katte, Thomas Kaplan, Bristow se bedanking aanvaar het en sy besondere dank uitgespreek het vir die bydraes wat hy vir bewaring gelewer het.