Verdagte in dubbele plaasmoord sal na verwagting vandag in die Bonnievale-landdroshof verskyn

Verdagte in dubbele plaasmoord sal na verwagting vandag in die Bonnievale-landdroshof verskyn

ʼn Verdagte wat verbind word met verlede week se dubbele plaasmoord naby Bonnievale in die Wes-Kaap, sal na verwagting vandag in die plaaslike Landdroshof verskyn.

Die 33-jarige man is eergister op die nabygeleë McGregor in hegtenis geneem nadat die liggame van Piet en Elmien Steyn Vrydag op hul plaas Zandfontein gevind is.

Die polisie glo dat nog verdagtes binnekort vasgetrek sal word.

Intussen het die polisie op Robertson ʼn verdagte in hegtenis geneem in verband met ʼn aanval op die Springfield-landgoed tussen dié dorp en Bonnievale.