Verskeie beurshouers van die Vrystaatse regering sal dalk hul studie moet opskop

Verskeie beurshouers van die Vrystaatse regering sal dalk hul studie moet opskop omdat die provinsiale regering vanjaar nog nie ’n sent aan hulle uitbetaal het nie.

Netwerk24 berig dat finalejaarstudente se droom om vanjaar graad te vang ook dus aan skerwe lê.

’n Ouer van ’n seun wat in 2016 as een van die Vrystaat se topmatrieks aangewys is en dus ’n beurs van die regering gekry het, sê geen beursgeld vir 2019 is uitbetaal nie, hoewel die geld in 2017 en 2018 al in Mei uitbetaal is.

Sy sê ná verskeie skrywes en oproepe aan die onderwysdepartement, het ’n amptenaar teruggebel verskeie redes vir die vertraging in die uitbetaling aangevoer, maar beloof om so gou moontlik daaraan aandag te gee.