Verskeie Bloemfonteiners is steeds sonder water omdat resevoirs in die stad se watervlakke kommerwekkend laag is

Verskeie Bloemfonteiners is steeds sonder water omdat resevoirs in die stad se watervlakke kommerwekkend laag is

Verskeie Bloemfonteiners is steeds sonder water omdat resevoirs in die stad se watervlakke kommerwekkend laag is.

Volgens die Mangaung-metro is die water in die Welbedachtdam weens die onlangse reën in die opvanggebied van die Caledonrivier buitengewoon troebel.

Die rivier en dam is vol sand wat bedrywighede by die wateraanleg belemmer, aangesien die sanderige water langer neem om te suiwer.

Die metro het ‘n beroep op prosesbeheerders gedoen om die uitvloei by pompstasies te verminder.

Dit sal egter die vlakke by hoofreservoirs raak wat deur die hooftoevoer van Welbedacht na Bloemfontein van water verskaf word.

Bloemwater werk onverpoosd om die probleem by die wateraanleg op te los en die watergehalte te verseker.