Vier uit vyf Suid-Afrikaners is gekant teen die heropening van die skole

Daar is in ‘n nuwe opname deur die navorsingsgroep, Ipsos bevind dat die meeste respondente in Italië en Suid-Afrika, gevolg deur Kanada en Spanje, ongemaklik voel om kinders in die komende weke terug skool toe te stuur ween die koronavirus-pandemie.

Die opname is aanlyn geoenonder 16 000 volwassenes in 16 lande.

Die direkteur van Ipsos, Mari Harris, sê die opname toon aan dat vier uit vyf Suid-Afrikaners gekant is teen die heropening van skole op die eerste Junie.