Willie Hofmeyr sal vandag sy getuienis by die Mokgoro ondersoek afsluit

Willie Hofmeyr sal vandag sy getuienis by die Mokgoro ondersoek afsluit

Die adjunk nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Willie Hofmeyr sal vanoggend sy getuienis by die Mokgoro ondersoek in Centurion afsluit.

Hy het gister tydens kruisondervraging gesê die nasionale direkteur van Openbare Vervolging het belangrike getuienis geïgnoreer in sy besluit oor die voormalige president, Jacob Zuma, se vervolging ten opsigte van die spioenasiebande.

Hofmeyr sê die teenkanting wat hy gegee het oor hoe sake by die NVG gedoen word het hom bykans sy werk gekos.

Die ondersoek moet vasstel of die senior advokate by die NVG, Nomgcobo Jiba en Lawrende Mrwebi geskik is vir hul poste.