Woolworths gaan binnekort ʼn winkel sonder plastieksakke toets

Woolworths gaan binnekort ʼn winkel sonder plastieksakke toets

Woolworths het aangekondig dat hy enkelgebruik-plastieksakke vanaf November uit sy winkel in Steenberg, Kaapstad gaan verwyder vir ʼn proeftydperk van ses maande in ʼn poging om plastiekbesoedeling te bestry.

Klante sal die keuse hê om óf hul eie sakke te bring óf R5,50 vir ʼn herbruikbare sak te betaal.

Woolworths verkoop tans omtrent 140-miljoen plastieksakke ʼn jaar en deur klante te help om herbruikbare sakke te gebruik sal dit ʼn noemenswaardige uitwerking op die vermindering van plastiekafval hê.