Zelt Marais is die nuwe president van WP-rugby

Zelt Marais is die nuwe president van WP-rugby

Zelt Marais is die nuwe president van die Westelike Provinsie Rugbyvoetbalunie.

Hy volg Thelo Wakefield op wie se termyn ná ses jaar verstryk het.

Marais het die Springbok-keurder, Peter Jooste, verslaan in ʼn verkiesing deur die unie se hoofraad.

Marais is ʼn finansiële kenner by Nedbank wat die afgelope 12 jaar ʼn uitvoerende lid van die unie was en adjunkpresident sedert 2016.

Moneeb Levy is verkies as adjunkpresident en Spencer King is onbestrede verkies as visepresident.