ʼn Twee jaar lange regstryd teen die wapenvervaardiger Denel het in ‘n oorwinning vir werknemers geëindig, met lede van die vakbond Solidariteit wat die naweek tesame sowat R90-miljoen se uitbetalings aan agterstallige salarisse ontvang het.

Solidariteit beskryf dit as ʼn reuse-oorwinning.

Solidariteit het in Junie 2020 aanvanklik met ʼn regsproses teen Denel begin om die staatsbeheerde instelling te dwing om sy lede se agterstallige salarisse te betaal. Die vakbond sê die oorwinning is meer as net ʼn regstryd, maar ʼn voorbeeld van hoe druk deur die media en die stories van gewone mense met buitengewone uitdagings ʼn omgewing vir sukses geskep het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×