1 102 nuwe Covid-19-infeksies is in die jongste verslagperiode bevestig

Die Departement van Gesondheid sê 1 102 nuwe Covid-19-infeksies is in die jongste verslagperiode bevestig, wat die totaal sedert Maart op 1 493 909 te staan bring.

In dieselfde tydperk is 195 sterftes aangemeld wat die dodetal opstoot tot 48 094.

Daarvan het 62 sterftes voorgekom in die Wes-Kaap, 58 in Gauteng, 30 in Noodwes, 25 in die Oos-Kaap, 11 in die Vrystaat, 6 in die Noord-Kaap en 3 in KwaZulu-Natal.

Daar is tans 53 660 aktiewe gevalle in die land en die herstelkoers is onveranderd op 93%.

Luister na potgooie hieronder