1 395 Vrystaatse gesondheidswerkers reeds ingeënt

Die Waarnemende woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, Elke de Witt, het gesê daar was Dinsdag reeds 1 395 gesondheidswerkers by die Universitas-akademiese hospitaal en die Pelonomi Hospitaal in Bloemfontein ingeënt teen die Covid-19 virus.

Volgens De Witt sal inentings in die nabye toekoms ook by die Mediclinic Welkom en die Bongani Hospitaal in Welkom kan begin.

Sy het gesondheidswerkers aangemoedig om aanlyn te registreer vir die inenting.

Luister na potgooie hieronder