1 862 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld

Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize sê daar is tans 35 303 aktiewe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Mkhize sê in die jongste verslagperiode is 1 862 nuwe gevalle van die virus aangemeld, in diéselfde tyd is 110 sterftes ook aangemeld.

Die totale dodetal weens die virus is 49 523.

Die herstelkoers is 94%.

Luidens berigte is bykans 42 000 gesondheidswerkers reeds teen die virus ingeënt.

Luister na potgooie hieronder