11 381 nuwe Covid-19 gevalle

11 381 nuwe Covid-19 gevalle is in die jongste verslagperiode aangemeld.

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize sê in ‘n verklaring die sterftesyfer weens die virus het tot 39 501 gestyg nadat 647 sterftes in die tydperk bevestig is.

KwaZulu-Natal het steeds die meeste sterftes, gevolg deur die Oos-Kaap, die Wes-Kaap en Gauteng.

Die herstelkoers is 85,7%.

Luister na potgooie hieronder