Meer as ‘n honderd mense is reeds dood in verwoestende veldbrande wat deur dele van Chili woed – en owerhede waarksku die dodetal gaan styg.

CNN berig die Chileense nasionale rampvoorkomings- en -reaksiediens het gesê minstens 112 mense is tot dusver dood.

Foto’s en beeldmateriaal van nuusagentskappe gedurende die naweek het die spoor van vernietiging blootgelê.

Lugskote van die El Olivar-kommune het getoon dat tientalle voertuie tot doppe en verskeie huise tot as verbrand is. Daar is tans 161 aktiewe brande regoor die land.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×